Keuse van 'n Pilates instrukteur
31 January 2009 - Posted by James Raaff in In the press, News
Pilates is ‘n oefenmetode wat gesondheid en fiksheid op enige ouderdom grootliks kan verhoog deur die ontwikkeling van ‘n funksionele balans tussen krag, uithouvermoë, koördinasie, balans, soepelheid en spoed om ’n liggaam te skep wat met gemak en grasie beweeg. Die aanbied van Pilates oefeninge is wêreldwyd ‘n groeiende industrie, dus is daar heelwat aanvraag vir instrukteurs wat die oefenmetode aan bied. Die groot aanvraag kan lei tot mense wat toetree tot die industrie sonder die nodige opleiding. Pilates word dikwels gebruik om mense met beserings te help om weer te oefen, dus is dit uiters gevaarlik vir ‘n persoon met liggaams probleme om by ‘n onkundige instrukteur te oefen.
Instrukteurs behoort ‘n agtergrond in basiese gesondheid- of fiksheidstudie te hê en dan goeie kwaliteit opleiding as Pilates instrukteur te ondergaan. Sulke opleiding vereis bywoon van klasse, voltooiing van praktiese ure en die aflê van ‘n sertifiserings eksamen. Instrukteurs behoort hul kwalifikasies ten toon te stel in die Pilates studio.
Hoe kies ‘n voornemende kliënt ‘n Pilates instrukteur? Besoek www.pilatesinfo.co.za, ‘n webwerf wat gestig is om ‘n diens te lewer aan die Pilates kliënte en instrukteurs in Suid Afrika. Slegs gesertifiseerde instrukteurs kan registreer op Pilatesinfo. Voornemende Pilates kliënte kan ‘n instrukteur in hul area opsoek, en elke instrukteur se kwalifikasies en kontak nommers word gelys.
www.pilatesinfo.co.za bevat ook inligting oor sertifiserings programme, so voornemende kliënte kan oplees oor wat ‘n spesifieke opleidings program behels. Belangstellendes kan registreer vir die maandelikse nuusbrief wat artikels en inligting oor die Pilates industrie bevat.