Pilates-praktyk: ’n volhoubare besigheid vir entrepreneurs
18 February 2009 - Posted by James Raaff in In the press, News
Opleiding as ’n Pilates-instrukteur bied ’n kompeterende voorsprong aan mense wat tans werk, of beplan om te werk, in die reuse gesondheids- en fiksheidsbedryf. Verder stel dit potensiële entrepreneurs in staat om ’n besigheid te begin wat volhoubaar sal wees op die lang termyn.
“Alhoewel Pilates dikwels gesien word as uitsluitlik vir jong en fikse mense of as die oefeningkeuse van dansers, is dit inderwaarheid geskik vir mense van alle ouderdomme en fiksheidsvlakke,” sê biokinetikus, James Raaff, wie se besigheid James Raaff and Associates al vir die afgelope sewe jaar Pilates-instrukteurs oplei. “Soos die eienaars van ’n Pilates-studio ouer word, is dit nie vir daardie persone nodig om op te hou onderrig of te verkoop nie: hulle kan eenvoudig hul besigheid aanpas om te spesialiseer in die behoeftes van kliënte van ’n ooreenstemmende ouderdom of wat in dieselfde stadium van hul lewe verkeer, sou hulle dit verkies.”
“Vroue in hul 40’s en 50’s, byvoorbeeld, kan baat by weerstandsoefening op Pilates-apparate om spierkrag te behou en osteoporose te voorkom. Hierteenoor kan mense in hul 60’s en 70’s Pilates-oefeninge gebruik om die krag en soepelheid op te bou wat nodig is in die verrigting van alledaagse take sonder onnodige fisiese inspanning,” verduidelik hy.
Raaff sê dat Pilates – ’n vorm van beweging en ’n beginselgebaseerde manier om die gewoontes van ’n gesonde postuur aan te leer – kan algemene gesondheid en fiksheid grootliks verhoog op enige ouderdom deur die ontwikkeling van ’n funksionele balans tussen krag, sterkte, uithouvermoë, koördinasie, balans, soepelheid en spoed om ’n liggaam te skep wat met gemak en grasie beweeg.
Maar om ’n Pilates-studio te begin, eis meer as eenvoudig die aanleer van oefeninge vanaf ’n DVD of vanuit ’n boek, of die voltooiing van ’n kort opleidingswerkswinkel, die aankoop van toerusting en oprig van ’n besigheid. “Dit is nie genoeg vir instrukteurs om slegs die oefeninge en bewegings van Pilates te verstaan nie: hulle moet ook die menslike liggaam in diepte verstaan om goeie onderrig te kan bied,” sê Raaff.
Hy verduidelik verder dat fiksheidsinstrukteurs met die nasionale fiksheidsertifikaat wat vereis word om in die fiksheidsindustrie in Suid-Afrika te kan werk, steeds opgelei moet word in die meer spesifieke vaardighede wat Pilates-instrukteurs benodig. “Selfs na jare van studie aan ’n universiteit moet dokters, biokinetici en fisioterapeute steeds gelei word in die spesifieke toepassing van anatomie wat vereis word deur ’n Pilates-instrukteur of enige ander instrukteur van oefeninge modaliteit wat met hoë konsentrasie vlakke gepaard gaan (sg. mind-body),” sê hy.
Om te verseker dat voornemende studente op ’n hoë vlak kan leer, dring Raaff daarop aan dat studente ’n erkende sertifikaat, diploma of graad in basiese gesondheid- of fiksheidstudies moet hê voordat hulle met sy kursusse begin. Hy stel voor dat enige iemand wat ’n basiese gesondheid- en fiksheidsopleiding verlang, by die Exercise Teachers Academy (eta) begin en daarna vorder na die ontwikkeling van Pilates-vaardighede.
Sy kursusfasiliteerders is gekwalifiseer vir onderrig op hierdie hoër vlak met ’n breë kennis en begrip buite die Pilates-konteks, wat hul in staat stel om vrae en navrae met selfvertroue en outoriteit te beantwoord. Die kursusse wat by die Pretoria-studio aangebied word, word deur ’n mediese dokter bestuur terwyl Kaapstad-studente baat by Raaff se kennis van biokinetika.
Met ander woorde, die uitkomsgebaseerde opleiding bestaan uit module-kursusse wat teoretiese kennis met praktiese ervaring kombineer. “Die module-formaat voldoen aan die vereistes van werkende mense en stel ook diegene met vooraf-kennis of –ervaring in staat om opleiding op die gepaste vlak te begin,” sê hy.
Die meeste van die voltydse kursuseenhede duur twee of drie dae en elkeen sluit af met ’n uur lange teoretiese eksamen en ’n uur lange praktiese eksamen. Met voltooiing van die alomvattende kursusse, mag gegradueerdes registreer by die SA Directory of Certified Pilates Instructors (www.pilatesinfo.co.za).
Om diegene wat hul eie Pilates-praktyk wil begin, by te staan, bied Raaff se besigheidsvennoot wat ’n MBA-graad het, ondernemingsbestuur-werkwinkels aan by hul Pretoria- en Kaapstand-studios wanneer daar voldoende aanvraag is
Vir verdere inligting, kontak James Raaff and Associates per telefoon by 021 465 2870 of per e-pos by info@jamesraaffandassociates.com.